Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade. |
---|
Brasilië (Federale Republiek Brasilië) President: Luiz Inácio Lula da Silva |
Rusland (Russiese Federasie) President: Wladimir Poetin Eerste minister: Michail Misjoestin |
Indië (Republiek Indië) President: Droupadi Murmu Eerste minister: Narendra Modi |
Volksrepubliek China President: Xi Jinping Eerste Minister: Li Qiang |
Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika) President: Cyril Ramaphosa |
Egipte (Arabiese Republiek Egipte) President: Abdel Fattah el-Sisi Eerste minister: Moustafa Madbouly |
Ethiopië (Federale Demokratiese Republiek Ethiopië) President: Sahle-Work Zewde Eerste minister: Abiy Ahmed |
Iran (Islamitiese Republiek Iran) Opperleier: Ali Khamenei President: Ebrahim Raisi |
Saoedi-Arabië (Koninkryk Saoedi-Arabië) Monarg: Salman bin Abdoel Aziz Eerste Minister: Mohammad bin Salman |
Verenigde Arabiese Emirate President: Mohamed bin Zayed Al Nahyan Eerste minister: Mohammed bin Rashid Al Maktoum |
BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit tien ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate. Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search